Stay on top of the rich stream of news and views about rural and urban land issues. Our content curation team are working to sort and sift through news and opinion pieces to bring you the most relevant and up to date articles.

Article


Card image 01 January 2017 De Jure, Volume 50 Number 2, 2017, p. 346 - 362

The ‘law of general application’ requirement in expropriation law and the impact of the Expropriation Bill of 2015

Die ‘algemeen geldende regsvoorskrif’ vereiste in onteieningsreg en die implikasies van die Onteieningswetsontwerp van 2015In hierdie artikel word die vereiste ‘algemeen geldende regsvoorskrif’ in artikel 25(2) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika,1996, ontleed aan die hand van die Onteieningswetsontwerp van 2015. Die relevante bepalings van die wetsontwerp laat blyk dat onteiening slegs geldig sal wees indien onteiening in wetgewing gematig word. Verder word dit duidelk gestel dat die onteieningsprosedure soos uiteengesit in die wetsontwerp gevolg moet word in alle gevalle waar eiendom onteien word, ongeag of die wetsontwerp of ander magtigende wet op gesteun word om die eiendom te onteien.Die vereistes dat onteiening in wetgewing gemagtig moet word en dat die onteieningsprosedure in die wetsontwerp gevolg moet word, laat vrae onstaan oor die korrektheid van die toestaan van vergoeding vir ’n onteiening in gevalle waar daar geen magtiging vir die onteiening in die relevant wetgewing was nie, en waar daar ook geen formele onteieningsprosedure gevolg was nie.Siende die toestaan van vergoeding vir onteiening in die toekoms slegs kan geskied in gevalle waar daar magtiging vir onteiening is en waar die onteieningprosedure gevolg was, blyk dit dat konstruktiewe onteiening nie toepassing kan vind in die Suid-Afrikaanse reg nie. Dit word gestel dat konstruktiewe onteiening slegs erken kan word in gevalle waar daar nie streng klem geplaas word op ’n statutêre basis vir onteiening nie. Daarom, indien die wetsontwerp in werking tree sal konstruktiewe onteiening nie toepassing kan vind in die Suid-Afrikaanse reg nie.

Expropriation read more

Stay informed.

Sign up for our monthly newsletter - coming soon.

Contact Us


Twitter feed is not available at the moment.

A project of Phuhlisani NPC supported by Absa. This work is licensed under a Creative Commons Attribution-NonCommercial-ShareAlike. International License.